Momente in Strate
MOMENTE in STRATE…..
Ek Waarheid
My, jy, jou en ek
vuil
kaste vol
geraamtes
Gesigloos ons
waarheid
reduseer tot stof.
Verlore Ousie
Op die straat
hoek
versplinter arm aan…
kos, liefde, warmte,
mens
en
bang.
Heelal
In die hol.
niks,
kyk kyk….
alles is mooi.
stadig lelik
deur jou
bril.
Nou Kamers
Mure omring,
vol gedrogte
skirk
wild teen mure.
Verskiet verskyn
in die mure
van nou brein
bene.
Denke
Loop loop
Dink dink
en
Dink wat julle
dink
Saamgesmelt in
dink wat almal dink….
Niemand dink oor
Dink.
Gevoel
Ek staan voor
wat tussen maag en hart
lê.
Hardloop weg van
wat my besoek
wakker maak
Om dit oor,
oor!
te leef…..
Ou Boom
Krom boom
Is dit jou gebroke rug
die gat in jou hart
rede
dat
jy groen staan.
Boeke Waarheid
Ma het altyd
en
meskien nou nog…
Boeke met dik plastiek oor
getrek.
om die waarheid te beswaar
of
daarteen te bewaar.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.