Huil
Huil
Huil maar liewer liewe kind
strooi jou swaarkry op die droë stof
van vergange vestings
en soos ‘n skroeiskerm teen die son
lok jy daarmee ‘n lowergroen
skouspel van sierade
met patrone van laplande
teen weergalose wolklose hemele
in skemerskadus
wat jou tragedies toedraai
in kantlose katoen
en wegbêre
tot more..
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus 2019 projek