Jongste aktiwiteit:

SA-nuus (Brons)

Wilde winde waai weer oor politieke tussenverkiesings. Die DA gaan groot en blou in die Wes-Kaap, die stormsterk see veroorsaak groot golwe in die Klein-Karoo. Verskeie suidelike voorstede in Jhb het ook met die DA se stem weggestap. Die ANC se triomf loop nie meer so sterk soos in die verlede nie, takke kraak en bome buig met die skielike ommeswaai.

Geld is nie bossies nie en moet baie oordeelkundig benut word, en dan die skande oor pensioengeld! wat sal opdroog, en uiteindelik in die hof beland.

Die EFF, die party is wind bestand. Geen wind kan deur hulle dring of omwaai, waar ander partye weer rondgeslinger word deur die verandering van erge weersomstandighede.

Dan weer dae soos vandag, die hel het losgebrand buite in Jhb se strate. ‘n Hewige storm het losgebars in die Pakistan winkels, polisie het met geweld toegeslaan. Daar is groot ontevredenehid oor hulle aandeel in die land se ekonomie, onwettige handel en ontdyk van inkomstebelasting.

Skole word gesluit weens patensie uit protes, al die rukwinde saai paniek, onder die jeug.

Ten slotte die nuutste weerberig. Wind met moontlike reën kan oor groot dele van Gauteng verwag word, haal maar die sambrele uit die kas.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed