reis in e
soos ‘n wafferse elsbekkie
wals ek heen en weer oor my duin
elsskerp sweef my gedagtes in woorde
maar die sinne bly elusief en vaag
driftig stamp ek dan my kierie
met sy elpebeen knop
emansipeer ek van
my woord-armoede
na blare in die elimheide
waar ek elkeen kan slyp
tot straat digters vergryp
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.