Jongste aktiwiteit:

Die Boland is nou nat genoeg. Baie dankie.

Ek wens ek kon die reën beveel
om te val oor die Karoo –
daar waar geen mens of dier nog glo
dat die water weer sal vloei nie,
daar waar stof en sand hul brood is,
waar wanhoop (soms) oneindig groot is,
waar die lammers vrek
en als wat leef en beef wil trek
na groener weiding,
na waar geen gras of bos meer groei nie,
geen kraan ’n druppel bloei nie
en die hemel vir ’n jaar lank net kan blou.

Kon ek maar vir die wolke
oë aan hul gesigte plak –
om self te kyk en self te sien;
hul ooswaarts stuur en noord en suid
– verweg uit dié geweste uit.

Dalk sou hul dán die nood gewaar
en riviere oor die dorsland baar.

© Carma Shaw
8 Augustus 2019
7:58




Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed