more
mistige verwagting eeue se bespiegel en raai miljoene woorde van voorspelling oneindige wan voorstellings, valse profete op my duin is daar net verwagting en hoop geen gespesifiseerde profetiese woorde geen valse voorspellings of profete net sagte aanvaarding en hoop môre sal vir môre sorg wanneer aarde bewe hemel liggame wankel dan sal almal sien en […]
Nota aan ’n koel komkommer
(goud) Ek sien in my verbeelding hoe glad jou woorde oor ’n skerm vloei en wonder: Sou jy – van aangesig tot aangesig – ook so skroomloos en so vrylik bloei? Of sou jou woorde stadig kom – oorweegd en selfbewus, wetend dat jy (net soos ek) bróós en ook maar menslik is? © Carma […]
‘n Ongemaklike spul
So anders as wat mense is, so is hulle ook maar almal dieselfde… En spesifiek nou as dit kom by sosiale interaksie wat dinge nou vir my vreemd raak. Ek staan en luister vir iemand wat vir my hulle langdradige storie vertel. Vir ‘n begin is dit een van daai mense wat geen benul het […]
oestyd
netjies rye koring wat golwende landskap vul eers groen en gou geel in saad egalige groei met voorbrande geskraap alles gereed vir die stropers om te kom so is die mens in sy onmagtige vorm ryper en droëer in politieke klimaat onkruid dreig om saad te skiet stropers gereed om te kom stof-walms sal hoog […]
Paljas
Brons Fluweelrooi kringlyn skynwit pêrels, verbasterde skater, kwansuis … Onder elk oog omfloersde grys traan … verdoesel donker dal … gepynigde gees ware skepsel gefolterde maaksel
Vlam van verwoesting
As ek maar die vlam kon blus die vuur wat skroei en vrede verwoes se vaalwit was met enkel traan uitwis sou die skadu’s wat bewe van angs verwater tot seerkry wat was. (DjG)
Ma
Die sigaret hang skeef aan die binnehoek van jou mond. Jy lag en draai jou gehoorstukkie ‘n aks hoër op. Ek speel saggies met jou sout en peper hare, die krulle wip wip in die wind. *** Ma, my hart verlang in skerwe vandag. Stukkend, gebroke, skerp stukkies onthou wat diep sny en wonde los […]
RESENSIE: Die rolprent, Die laaste Voetganger
RESENSIE: Die laaste Voetganger Gottlieb Sänger is ‘n gemoedelike oujongkêrel van so veertig, vyftig. Hy werk as argivaris by ‘n tydskrif-redaksie. ‘n Rustige lewe midde-in die grootstad met al sy geraas en gedreun en anonimiteit. Probeer hy elkgeval. En hoe bly is so ‘n mens as die verloftyd aanbreek. Eindelik, eindelik kan hy rêrig wegbreek […]
strand
‘n hoop sand begroei met fynbos skilpad se plek van rus fisante skrop daar sade uit meeue vlieg krassend daaroor daar langs ewige brom van golwe ‘n strand besaai met skulpe strandlopertjies se speelplek krappe spoel daar uit en verdroog meeue oes daar geil witmossel slakke daar waar die see gereeld wit some verf waar […]
My Vriend
Jou krag en moed is die vuur wat in my brand, as ek twyfel offer jy jouself en neem my hand, jou oë is die rigtingwyser wat my oplig as ek ly, dit gee my rede om te stry teen dit wat my verlei. Wanneer gevoelens my harts-balans versteur, jou lewenslustige wese my lewe wil […]