My Mei
toe wingerdstok so roesrooiblaar, toe klipkranse ’n volmaan baar, toe heel die lug skarlakenvuur in lofsang aan die skemeruur het herfs se wind, so allerstil haar asem oor my wang gewil; toe effe koud haar gang gegaan my (eenling) langs ’n berg laat staan © Carma Shaw 19 Mei 2019 13:49
Lig uit die donker
(goud) Pa leun teen die deurkosyn; in sy hand, ’n bruin kardoes. * Ek laat die steentjies tuimel in ’n hopie op my bed en stryk dit met my palm plat. Die jaspis, wat so dieprooi roes maak amber vuur in die agaat die tieroog lê – vol strepies – neffens rooskwartspienk en smeulendbruin granaat […]
straat digter
die see se gedreun laat my snags kreun selfs my brak stem saam en gee kort stote en beaam woorde wat niks beteken maar gevoel oordra glad nie poëties geskets ook soms verdwaalde sinsbou dra telkens gevoel oor van digter wat op my duin se strate leef byna uitgesterf die spesie uitgemergel deur regels opgestel […]
een dag in die baai
mooi is die golwe vandag meeue baljaar vrolik en vars wanneer hul witmossels knars na die simfonie van die nag helder speel sonlig oor die baai vistreilers se enjins brul in koor kom tuis voor die groot gehoor blink lê snoek lywe op die kaai dof skuil woongebiede onder rook daar is werk vandag die […]
Vreemde Verskynsels in Gewone Huise
As jy nou die feit dat ek maar, at the best of times, nie so lekker dertig is nie, buite rekening laat is ons huis oor die algemeen gesproke, ‘n gewone huis. In gewone huise gebeur gewone dinge soos mense wat mekaar liefhet, soms gatvol raak vir mekaar, ‘n fit of ‘n tantrum gooi en […]
Resensie: DIE LAASTE VOETGANGER, die film
RESENSIE: Die laaste Voetganger [Hersiene, verbeterde, GELDIGE uitgawe] Gottlieb Sänger is ‘n gemoedelike oujongkêrel van so veertig, vyftig. Hy werk as argivaris by ‘n tydskrif-redaksie. ‘n Rustige lewe midde-in die grootstad met al sy geraas en gedreun en anonimiteit. Probeer hy elkgeval. En hoe bly is so ‘n mens as die verloftyd aanbreek. Eindelik, eindelik […]
hiper
oor my duin lê daar vrede oral om my juig die aarde van genot reën druppels het elke fynbos blaar benat oor die see lê daar belofte van nog wat kom hoeveel dankbaarheid kom daar eerlik uit jou hart wanneer jy so onverdiend lewe en vrede ontvang gesondheid om te kan loop en werk elke […]
Oud word is nie vir sussies nie
Ek loop doelgerig uit die kamer. Oppad na….. ag hel, wat nou weer? Dit moes wraggies nie belangrik gewees het nie. Ek sou dan darm onthou het. Ek skakel die ketel aan en glip twee snye brood in die rooster. Ou Douw se koffie aroma kom draai sy vinger diep in my sinusholte. Ek sluit […]
roepstem
koue klam mis bedek my duin soos ‘n klam lap op vurige hoof waar gedagtes sweef en op styg kalmerende gevoel wat vertraag goeie gedagtes vorm om geloof om goed te doen sonder oordeel te vermaan sonder vernedering wysheid uit die Woord van God soveel mense lewens lewe nooit vasgevang in alledaagse organisasie bome sonder […]