Soos mis
Hoe kan jy my kwansuis maak glo dat liefde oneindig is? Netsoos die uitspansel daarbo; eindeloos en grensloos (soms roekeloos) soos die loop van die suidoos Tot teenaan my hart se deur jaag jy die son en die maan met blink beloftes agterna, ’n magdom sterre in kardoese word ook hoopvol aangedra Maanskyn en rose […]
winter wind
wind-verlore suis dit sag tergende skeur geluide wat strek suiende lugstrome wat hitte verwelk na vriesende strepe koue lug wat krimp winter is nie vir oumens se bene nie rek en strek waar nie meer kan trek stofstrepe oor teerpad bring tolbosse in nuwe rat kapsels in ystervark styl maak omdraai traag eensame gesuis wat […]
hartseer
getye trek terug in heimwee golwe vorm flou stormlope meeue skuur laag en hartseer mens wonder oor hart se weë vakansie dae is soos laag gety wat terugtrek en alles ontbloot skielik lê hartseer vars en seer golwe kalmeer die mens wat ly tussen donker blou wolk banke en golwende horison van see dein die […]
Windgatte
Windgatte, deur Stephan Uys (waarskuwing: nie vir sensitiewe ruikers nie!) Ek kom uit twee families vol windgatte. Aan beide pa en ma se kant is daar massiewe stambome propvol windgatte. Maar moet my nou nie verkeerd verstaan nie, ek praat nou nie van daardie windgatte met pampoen-dra-armpies en klein-mannetjie-sindroom nie. My familie het regte egte […]
waar sand lê
my duin se oog lê oop daar is pragtige sonlig golwe baljaar plesierig en die see lê uitgestrek blou is die see van die weskus ver draai die meeue daar rond wit en ongerep lê die strande droog lê fynbos en wag op reën my hart sweef oor groen koring land siel sug oor blou […]
Verskroeide land
die aarde lê verraai onder mensevoet hulle sien kwansuis die uitsonderlike raak tog bly die hemel doofstom en wolke – die wolke breek in wit terwyl die son dooierus vat oor die daaglikse goed verstrooid – gewring; swaar gewond onder haat en nyd van die mensdom dis dan wat my woorde uit die son se […]
Metamorfose: (Kwatryn)
massiewe platane verkleur seisoen groen na bruin geel oranje rooi voldoen ‘n teken van die natuur se rustyd in die stilte met jouself te versoen
onstuimige vrede
vrolik sing die sysies in die fynbos elke wysie fyn besnaard en mooi saam sit hulle in blou vere getooi fyn pik hul sade vir kinders se kos vrolik kekkel fisante in hul stap soek hulle kos om die wit huise staan soms en krap kop vir luise skrop hul en gesels laat dit klap […]
Kakiebos en Kosmos
Op die skouer van ‘n gekolkte teerpad, met gebleikte stippelstrepe, groei kakiebos en kosmos – verstrengel, versmoor, verstikkend in grys rook en gas. Gebarste hart, spat in ‘n liggaamskas, bloeiende wonde kolk deur ingewande. brand en brand en brand en kook, sonder fokus teer, besluitlooskripeer gedagtes wring, slinger deur newels gas. Waarheen lei die slaggat-teerpad […]