hartseer
getye trek terug in heimwee
golwe vorm flou stormlope
meeue skuur laag en hartseer
mens wonder oor hart se weë
vakansie dae is soos laag gety
wat terugtrek en alles ontbloot
skielik lê hartseer vars en seer
golwe kalmeer die mens wat ly
tussen donker blou wolk banke
en golwende horison van see
dein die blou see se gestalte
gevul met donker bruin ranke
mens se hartseer is suur vrug
wat voedsaam en stadig oplos
tussen soet en suur is ‘n brug
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.