Verskroeide land
die aarde lê verraai onder mensevoet
hulle sien kwansuis die uitsonderlike raak
tog bly die hemel doofstom
en wolke –
die wolke breek in wit
terwyl die son
dooierus vat
oor die daaglikse goed
verstrooid – gewring;
swaar gewond
onder haat en nyd
van die mensdom
dis dan wat my woorde uit die son
se oranjebruin kardoes
ontwaak uit ‘n hongersnood
wat swaarder as vere weeg
só bring ek my waarheid
onverdund (gevul met
mý vreugde;
mý verdriet)
maar die son sal weer oor Afrika skyn
en die wind,
die wind sal weer
oor die kranse in Godsvrede gloed
© Anzé Bezuidenhout
3 Kommentare
-
-
Loretta Szikra
Pravtig gepen Anzé.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Margaret Cordier
Mag die Son van Geregtigheid oor ons land opgaan. My gebed ook Anzé. Pragtige versugting!