Jongste aktiwiteit:

publikasies gemerk "Die Lewe"(Bladsy 28)

abcde-gedig ‘n 3-delige Monostich (ī)stelling (īī)observasie (īīī)vraag Onverstaanbaar. Asblikdae bewolk candida dou eiers frank grys hel, in jakkalsdraaie kompleks lanseer my nul oor putte quisling rillings sonder twyfel uitkoms vurk, waarom … Xenofobies ylbode Zoster-lyer …? ©️ Dolla Lerm 25/02/2022 Verklarend: Quislings: ondermyners/verraaiers Zenofobie : vreemdelinghaat Ylbode: koerier Zoster: gordelroos

Reptiel Repetisie Die sening drade in oorbelading het ge-haywire in my kop, gisteraand eers die kop toe die tand die oor’n’oog en stop toe in die krop Fragmenteer, arsenaliseer en marsjeer regdeur regs links regs links deur die Oekraïne wat eens was… sonder dodelas … Betasting deur die windhonde spilsgolwe – golf op golf – […]

Akrostigon ī Rondom skemer winters(v)uur uitgeput droom sy oor tye onbenut onder sekelmaan lê skerwe van bestaan lê spatsels van verstaan anderkant die brug, wink ‘n vergesig, Lewensdrek dreineer te veel en êrens…hoor sy die sagte roepstem van haar messias en Heer īī “…there’s a table, a table for two under the neon blue moon […]

obskuriteit van realiteit niks te veel, te veel van niks holbrein psiges herontdek gedagte-loos dada da da dada, voos gedroom in die volmaaktheid van pyn as absurde gesigsuitdrukkings van ‘n treurige vreugdes spel; sy boei my nog vas in haar wimpers en droom nog in blou- in die ghetto’s spuit drek in die pad- en […]

ek ry stamp stamp oor paaie wat nooit glad was deur landstreke oor die grond van die gemoed ry lei tot val oor voor en onderwerpe die heuwels tussen verstaan, ń sinkplaat pad vol gatte in my verstaan ry lei tot stilstand as val begrip bring ongelukke tussen hier en daar op die leer pad […]

– lui trek blou rokie krul dit om die swart pot maak kartels tussen die takke en verdwyn in die warm son sag prut die skenkels in die potjie vleis aartappels en uie – gehurk sit hy stil bene gebuig om die pot krap net nou en dan ‘n kool met geoefende hand reg sodat […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed