Donsveer-woorde (Goud)
in die dorre landskap van menslike onvrede soek ek vergeefs na die geel van ‘n helder sonneblom om my weer terug te lei na die oewers van daardie plek waar waters van rus geluidloos oor my kan spoel waar ek met woorde sag soos donsvere in die skadu’s van lig die son se strale kan […]
NAAK GEDAGTES (goud)
Soms maak jy my sinne klaar wanneer my woorde met stoptekens begin veral op plekke waar my asem vaagweg agter gate uitloer buiteklanke my skuilplek raak selfs wanneer klewerige stiltes aan my spore klou terwyl ek toekyk hoe arende hoog bo my siel om en om in sirkels sweef ek weet ek raak soms weg […]
Drafbrakke (Goud)
wag daar my honne wag daar vir my uitpluk die sonskyn voetpad die rant die grasspriete wag in die klipspringer land slaap soet my brakke rus sag vanaand môre lê kromklip afdraai in hand ek weet julle hunker na die koppie se kant lui lui die fietsklok vasmaak die skoen daar’s blaf in die sê-goed […]
My woning waar ek wil bly
Woning waar ek wil bly deur Johan van Rensburg Soos sy stowwerige skraal lyf in stil strate loop en raas is dit Tshepo se klein sinkdak huisie met mure wat bly kraak Sy brandsiek hond aan sy sy wat ewig beste vriend bly geen verskoning hoe hy leef want sy huis na gestreef Dit is […]
Jou lewe le^ oop vir jou
Brons – gedig deur Johan van Rensburg Jou lewe le^ wyd oop jy moet net die pad loop droom en streef daarna onnodig om te bly kla Oop soos natuur se skoonheid opdrag wees net bereid om elke geleentheid en kans aan te gryp, vinnig besluit. Gebed van ouers vir die jonges hul weet oop […]
Terugblink oomblik
Terugblink oomblik Leef oomblikke om van te lewe dank God vir wonderlike tye kan opstaan en voort strewe wil nog soveel doen in lewe Oupa en ouma kyk uit bewonder sit op stoep van hul huis lewe saam was iets besonder kinders gevoel hul altyd tuis kleinkinders saam en boek lees wag bly dat oupa […]
wind voël
– silwer soom blink wit voor helder blou golwe waardeur die ski dolwe oopgesper op wilde rit – op pad na spoed limiet rek en gooi my lyf rigting sagte hand van versugting horison verdwyn in niet – ewig deinend golwende see aanhou tot wenstreep verby dreineer frustrasie aller wee – ©Teãrlach
Vandag
Ek voel dit vandag daardie ander wêreld is soos ‘n prentjie ek sien dit, maar kan dit nie proe nie my penpal bly in Durban en was nooit by die see as ek nader kom trek die goordyne toe ‘n boot reis verby, stroop-stadig alles so ‘pretty in the sky’ alles so ‘bright blessed day’ […]
Gorrel oor liefde
Voorreg om te gorrel oor liefde. Meningsfeit is dat liefde deur lewens ervaring en omstandighede verskillend deur mense ervaar word en gewys word. Voorbeeld is valentynsdag. Getroude paartjie vir baie jare se valentynsdag verskil baie van die onlangse getroude paartjie voor die kansel in die kerk. Saam met voorspoed en tee”spoed het getroude paartjies elkeen […]
Die resep vir ware geluk (Silwer – 694 woorde)
Dit het my ‘n leeftyd se ervaring, wroeging en kopstamp geneem om uiteindelik tot die besef te kom dat liefde nie ‘n vra-opsie is nie, maar ‘n gee-opsie. “Die lewe skuld jou niks,” het my wyse ouma telkens gesê wanneer ek op haar skouer huil oor ánder se “onregverdige” optrede teenoor my. Toe het ek […]