Kos vir ‘n Mossie vir ‘n aand
Kos vir ‘n Mossie vir ‘n aand Kom ons kyk vir die voëls, in die lang doringtakke, die digte plante, bosse, kossoekend op die grond. Dis vroegaandtyd en moeder aarde is koel, die lug is soos ‘n rivier wat die stilte skud. Die ruik van jenewer, ruimte en wortels op ‘n oorhoofse liefdeslied. Dit is […]
Mooiweersbelofte
Die helder pienk wolke teen die blou lug gesmeer dra die nuus vooruit ons kan seker wees more wag daar reeds vir ons goeie weer Wel dis wat die stem op die radio sê maar hy het seker nie gesien hoe die droogtelammers sommer een’ge plek in die veld bly lê As die mooiweerson al […]
SUN EN MOON SE AVONTURE
Sun en Moon is twee dwerg olifantjies wat diep in die Japanese oerwoud woon. Hulle mammas is susters. Daar is nog ‘n hele paar klein olifantjies in die trop. Maar Sun en Moon is baie groot maats. Die oerwoud is vol lewe. Daar is voëls, insekte en diere. Die watergate is die twee maats se […]
haikoe
dis winteroggend – ‘n skoot klap in die Vrystaat, warm bloei ‘n bok
Elegansie (Brons klas)
rooikroon kraanvoëls dans oor sneeu bedekte mere Ume vol in blom ©callie 2018
KABOUSIE GAAN WILDTUIN TOE
Kabousie is ‘n meerkat wat in die stad woon. Elke aand vertel sy mamma vir hom stories totdat sy ogies toeval en hy die hele nag deur slaap. Dan droom hy van die diere waarvan sy ma vir hom gelees het. Nadat hy die hele dag gespeel het, is hy die aand baie moeg maar […]
HONKIE DONKIE
Honkie donkie, Is ‘n luie dier, Hy wei die hele dag, In grassies so sag. Honkie donkie, Is ‘n luie dier, Hy wei die hele dag, In grassies so sag, Hy behoort aan die boer, Na wie hy heeldag loer, Honkie donkie Is ‘n luie dier, Hy wei die hele dag, In grassies so sag, […]
En dalk nog Simonsberg se hang
Goud dis oukei as jy wil weggaan terwyl die muisvoëls bessies vreet – ek verstaan as jy van alles en van die mossies wil vergeet en van die boom en die visdam, die skewe grense om my tuin; van my houthuis met die venster en die son wat daardeur skyn (dis net ek en […]
Een middernag in Durbanville
Bo Durbanville se strate het die middernag se maan in silwergeel geglinster op haar eensaam wentelbaan toe ‘n dikkop met haar kuikens vanuit die niet verskyn benee ‘n donker hemel – en die volmaan was aan’t kwyn. Haar vlerke het sy wyd gesprei om haar kinders te verskans teen die skerp straal van ‘n koplig […]
Iewers – waar daar skape wei
Sy velskoen trap ‘n spoor; hy vat die voetpad deur die gras en loop tot by dieselfde rots waar hy al soveel male was. Hy breek dun, droë takkies van die doringboom se kroon en bou ‘n vuurtjie in die veld op die plaas – daar waar hy woon. Die koffie in die kan bring […]