Watse vark is jy?!?
Otjie, potjie vette vark, werk in die tuin met ‘n langsteel hark. Hy hark en hy hark tot die steeltjie breek en woeps in Otjie se magie steek. Die jaar van die Vark val tussen 5 Februarie 2019 en 24 Januarie 2020. 2019 word beskou as die jaar van die Vroulike Aard Vark. Bruin word […]
Tanka – 2
‘n Nagtegaal sing tula-tula mymering wat syg deur die nag tot opgewekte voorspraak vir die nuwe jaar se koms (c) Erika (Silwer)
Die wêreld is aan die verander
My hart was diep bedruk omdat Buurdorp strome reën (of seën) kry, maar hier bly dit kurkdroog. Ongeag dat ons veronderstel is om midde-in die reënseisoen te staan, word die swembad word al hoe leër en die gras begin plek-plek vergeel. Dit gebeur toe ook dat ons laat een nag kennis kry dat Buurdorp ʼn […]
Pieter die Pou
Pronk-pronk loop hy oor die werf, met sy stertvere in die lug. Geen reëls, ‘n baie gelukkige pou van wie almal in die buurt hou. Mens hoor sy geskree van vêraf, maar wanneer my suster sy naam roep kom hy aangehol-vlieg, vir ‘n lekker handvol kos. Pieter is eintlik die bure se pou, maar voor […]
My beste pêl
Vandat ek jonk was wou ek (al is ek ‘n katmens) so graag ‘n Labrador hê, maar ‘n seun moes ‘n hond kry, het my ma gesê. Nou het ons nooit plek nie en ‘n Labrador moet spasie hê. Hule is die getroue, sagte, goeie, goue honderas (blaf ook nie te baie nie en – […]
Felidae Pantera Leo
Die leeu sterf moeisaam onder die Afrika son met ‘n stukkende hart en ‘n gat deur sy long… as hy kon praat sou hy dalk vra waarom? © 06/01/2012 Anton Bosch
Griffioene vir die Wen
Die skare juig. Almal is geklee in hul span se kleure. Reuse naaldekokers, geverf om by die verskeie spanne se kleure te pas, staan reg om hul span se plek in die wedstryd te merk. Die hippogriewe proes en gooi hul gesnawelde koppe trots in die lug. Die jeti’s grom; almal klap hul hande oor […]
Laaste swaai na swart
Ek is moeg vir debat en ek haat stry, maar swart bly soort van magic vir my. ‘ n Swart dier is spesiaal. My groenoog kat het in my hart gebly, al was die die res van hom onsigbaar (hoe creepy), was hy pragtig en goud verby. Hoekom is ‘n pikswart blom vir kwekers die […]
Plek van die verlore bok-ooi – ‘n halfedelsteen (Brons)
Gisteraand kyk ons na clips van Kalahari-fauna by vriende se braai. My man raak verveeld, maar ek dink aan my kleintyd wat deur Prieska draai aan die voet van die koppie in die kleinste huurhuis – dit was my pa se eerste praktyk – het ons teen die rantjie uitgeklouter en vanaf die fort oor […]
Liefde is … St. Francis van Assisi
Al lees mens net die woorde van die lied van St. Francis van Assisi, kom mens gou agter dat dit iemand was wat groot deernis en empatie vir sy medemens gehad het, iemand wat bereid was om die ekstra myl te stap om die lewe vir ‘n ander effens makliker te maak. Mense wat goed […]