Jongste aktiwiteit:

HONKIE DONKIE

Honkie donkie,
Is ‘n luie dier,
Hy wei die hele dag,
In grassies so sag.

Honkie donkie,
Is ‘n luie dier,
Hy wei die hele dag,
In grassies so sag,
Hy behoort aan die boer,
Na wie hy heeldag loer,

Honkie donkie
Is ‘n luie dier,
Hy wei die hele dag,
In grassies so sag,
Hy behoort aan die boer,
Na wie hy heeldag loer,
Hy verstaan nie boer se elke woord,
Want hulle is nie dieselfde soort.

Honkie donkie
Is ‘n luie dier,
Hy wei die hele dag,
In grassies so sag,
Hy behoort aan die boer,
Na wie hy heeldag loer,
Hy verstaan nie boer se elke woord,
Want hulle is nie dieselfde soort nie.
Hy hoor tog die woorde “dorp toe gaan”
En hy weet hy sal saam moet gaan.

Honkie donkie,
Is ‘n luie dier,
Hy wei die hele dag,
In grassies so sag,
Hy behoort aan die boer,
Na wie hy heeldag loer,
Hy verstaan nie boer se elke woord,
Want hulle is nie van dieselfde soort,
Hy hoor tog die woorde “dorp toe gaan,
En hy weet hy sal saam moet gaan.
Honkie donkie se maag begin pyn,
Dorp toe gaan werk teen sy brein.

Nou weet jy van Honkie donkie,
Hy eet grassies so sag,
Honkie donkie is nie regtig lui,
Hy is net nie in ‘n dorp toe gaan bui,
Honkie donkie laat sy lang ore hang,
Honkie donkie is nie vir boer bang.

©Wilma




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed