Jongste aktiwiteit:

VROU VAN BEPROEWING

(opgedra aan Lalla)

Jy, vrou van beproewing,
Gelouter deur die jare van smart,
‘n hartseer egskeiding,
Die toekoms lyk maar swart,
Om drie kinders alleen groot te maak,
Sowaar, die Here het oor jou gewaak.

Genade van Bo bring vir jou ‘n jeugdige man,
Iemand wat liefde en vreugde in jou hart bring,
Deernis, liefde en vertroue heers in die huwelikspan,
Klokkies van geluk lui en jy jubel en sing,
Die pad wat jul so saam saam stap,
Bring ‘n vreugdes pad.

In die fleur van jul huwelik slaan kanker toe,
Jou kinders en man loop in ‘n dwaal,
‘n dubbele mastektomie, sjoe,
Maar jy haal die paal,
Jy is geen kanker se buit.
Uit hierdie modderslyk kom red Jesus jou uit.

Net as dit lyk of dinge terugkeer na normaal,
Moet jy toekyk hoe jou ouers voor jou oë wegkwyn,
Weer ‘n keer loop jy in ‘n hartseer dwaal,
Hulle albei sterf in kanker pyn,
Genade van bo dra jou hierdeur,
Met alles in jou wil jy die kwaad van jou wegbeur.

Jy, vrou van beproewing,
Nog steeds is dit die einde nie,
Jou liefdes sang kan jy nie meer sing,
Manlief word gediagnoseer met kanker,
Nee, o nee, dit kan nie waar,
Aan sy sy moet jy jou skaar.

Om hom te sien gaan, vrou van beproewing,
Was sekerlik die ergste totsiens,
Dit was ‘n bose, bose onding,
Wat jul bekruip het, o, so ongesiens,
Die afskeid was bitter, bitter soos als,
Wie kan die leegheid in jou hart vol maak.

As familie jou nooi, voel jy die gemis aan jou maat,
Maar tyd heel alle wonde en bitterheid wat jou so gesel,
In die stilte van jou kamer begin jy met hom praat,
Vertel jy aan God alles wat in jou siel tel,
Voer jy ‘n geprek met God en vra vir genade groot,
Wat net God aan jou gee in Sy Woord.

Jy, vrou van beproewing so groot,
Kom sit jou hartseer op Pappa Jesus se skoot,
Hy versterk jou vir enige verdere nederlaag,
Jy is nooit alleen nie, jy moet net waag,
Om die eerste onseker tree te gee met Jesus wat jou vashou,
Ons Jesus bly altyd getrou.

Jy, vrou van beproewing,
Is gelouter deur ons Jesus wat jou innig liefhet,
Begin maar weer lofliedere tot eer van Hom sing,
Bly op jou knieë in gebed,
‘n nuwe begin breek vir jou aan,
Stap met vertroue met Hom saam.

©Wilma




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed