Die ou bloekomboom
Vertel my jou verhaal Van al jou swaarkry want,jy het menigmaal gesmag na waterkry. In strawwe winters het jy jou man gestaan, teen ryp en winterkou, maar nou is alles verby, van al die swaarkry En smag na waterkry. Daar staan jy nou n ou afgeleefde bloekomboom vir altyd,kaal en droog.
Die wedvlug duif
Nespan, broeiduif,teelduif ag,broei asseblief vir my nwenner duif. Witeier, kuiken,jongduif jy is vir my n sierlike wedvlugduif. Duiwekorf, ringmasjien,horlosieklok ek hoop vandag gaan jy eerste klok. Loslaat,wedvlug,eindpunt afwag,spanning,plesier, Uitslaan,uitwerk,uitslag. Jyhet tog gewen,wat n heerlike dag! Wenduif,teelduif,broeiduif In my hok is jy my beste duif.
Vir ‘n kameelperd
Hoe vry was jou gestalte toe jy deur grense breek. Teen elke oggend wat oranje, bly jou beeld nog vas gesteek. © Carma Shaw 24 Julie 2017
Limpopo onbegrens
(Sy sien nog soms die beeste sy hoor hul klokke lui – die klongelklank wat willoos oor alle grense gly) LIMPOPO ONBEGRENS klongel-klongel praat die klokke – “Groot Limpopo ons hang hier om die nekke van jou beeste tussen oewers oor die grense deur die droë loop van jou rivier. Aan die oorkant op jou […]
Die olifant en die blindes
Lank, lank gelede het daar ses blinde mense in ’n klein dorpie gewoon. Op ’n dag het een van die inwoners opgewonde vertel dat daar ’n olifant in die dorpie is. Omdat die blinde mans nie geweet het wat ’n olifant is nie, het hulle besluit dat “al kan ons dit nie sien nie, laat […]
NAWEEK: Olifante
NAWEEK: Olifante Vroeër het die mense geskryf. Ek meen op papier. Álles was toe hardcopy, daar was niks soos „stoor” en copyandpaste en al die dinge wat ons nousedae het nie. Vroeër het mense koerant gelees en boeke en soiets, nie soos nou nie. Dit was die eerste inleiding, die tweede volg: Soos by die […]
Donderdag: MY VRIEND KROHN
Donderdag: MY VRIEND KROHN „My vrou het die naweek haar suster gaan besoek, en die Saterdagnamiddag was uiters vervelig; toe gaan ry ek deur die veld en woud van die Lünebürger Heide agter Hamburg,” sê my duitse vriend Krohn. Êrens het hy op ‘n dorpie koffie gedrink, koerant gelees, sigarette gerook. Nou vind in Duitsland […]
Die PANSERSLAG
Op die vlakte, etlike honderd vierkantkilometers groot, woel die yslike kettingvoertuie die aarde om, soos die kompanies probeer om in ‘n gunstige posisie te kom. Om aan te val, om te skiet. Om veilig in beweging te bly, om nie geskiet te word nie. Die vyandelike verbande voer ‘n kompliseerde dans uit, soos versigtige swaargewig-boksers […]
Gemmer katjie
Smekende blou ogies soek net liefde, warmte; ‘n stemmetjie wat huil roep hartseer vir hulp. Hy het nie verdwaal nie maar verlore is hy wel; soekende na ‘n moeder wat jy hom ontneem het. Hy het gekom in onskuld, maar jy veroordeel hom; in die straat weggegooi sonder enige verweer. Koud en honger stry hy […]
KLYN MAAR FYN
KLYN MAAR FYN Saans laat het die vrou graag met haar hond gaan stap. Om die hoek was ‘n parkie, en dit was goed bestuk met ligte, veral aan die hoofdeurgangspaadjie en aan die banke waar die paartjies kon gaan sit. Te alle seisoene het sy dit geniet om haar „rondte” te draai en ‘n […]