NAWEEK: Jubileer
NAWEEK: Jubileer ☼ Op die onmoontlikste plekke vind mens wysheidsdruppels. Byvoorbeeld op ‘n suikerbeker uit keramiek (steengoed) midde-in die deurmekaar op ‘n tafel met eetgoed. Op ‘n koffietafel met reste van ontbyt . . . en gisteraand se aandete ook nog. Daar staan so ‘n oulike blou paaseier – en as jy naderkyk is dit […]
Doris Day*
hier sit ek op die agterstoep dis veels te warm in die huis die swart hond drink lou water uit haar bak voor die kombuis die avondlug’s belofteloos – ek tel die sterre en een maan en soms wonder ek maar net waaroor die lewe eintlik gaan as die reën die jaar nie kom nie […]
Kat en Hond
Bytende blaf vervang rustige rus in die son; strelende wind gemaal word vies na verlang. Vlieënde voëls vlug, fladderende vlerke; skreeuende, verward, is hulle in weg vlug. Huilende in hul vrees gevulde ontsnapping; soekende hardloop hul rond, heel bedees. Blaffende byt hulle lug en storm nader; vlug moet hulle nou hier kom hul einde. 02/05/2017 […]
Seënbede
Ek skryf vir jou ‘n aronskelk langs jou voetpad daar by Velddrif vas en pas ‘n reënwolk bo die leegte van jou dam. Ek wei beeste teen die rantjies van jou heuwels en tussen lentegras en bossies dig ek vir jou ‘n wolwit lam. © Carma Shaw 29 April 2017
Stilgeboorte
steenkool, olie, roet verswelg ryk aardse lewe – besoedelingsvrug © Carma Shaw 26 Maart 2017
‘n Ander Eva . . . Eva* van die Kaap
Eva was ‘n meisiekind, ‘n Khoikhoi van die Kaap. Bedags het sy in die veld gespeel, snags het sy onder die Suiderkruis en ‘n goue maan geslaap. Sy’t geweet hoe klink die uil se roep en die jakkalswelp se huil. Die kras van ‘n honger see-meeu het in die holte van haar keel geskuil. Ook […]
Olifante van die Namib
Kinders van hierdie ewige oneindige land! voetjie vir voetjie in ritmiese gelid oppad na die waterbron in die sandland Swenk nie links, swenk nie regs volg die Wyse Moeder op haar weg! deur laagtes aan die voet van sandduine op ‘n veilige roete tussen berg en kloof Waar vind jy rus vir môre se nog […]
Voedselketting
sjuutjies en stadig spin die spinnekop nader na haar moeë prooi ‘n swartwit laksman staar-stip na die spinnekop vang haar met suskes – voedselketting waar energie vloei in sirkel sonder ‘n einde Kopiereg voorbehou: Roeline Digformaat: Haikoe
In die pyn-see van slagting
Haar asem snak deur haar moeӫ lyf voor sy ploffend neerslaan in haar vier spore dood Geskend Gemartel Verneder Onskuld verwronge Kan daar ooit regverdiging wees vir hom wat leeg is in die gees? Hy wat alles kom verniel is daar in hom ń reine siel? Iewers in die bos hardloop ‘n renoster wesie verskrik […]
Doris Day
hier sit ek op die agterstoep dis veels te warm in die huis die swart hond drink lou water uit haar bak voor die kombuis die avondlug’s belofteloos – ek tel die sterre en een maan en soms wonder ek maar net waaroor die lewe eintlik gaan as die reën die jaar nie kom nie […]