
Olifante van die Namib
Kinders van hierdie ewige oneindige land!
voetjie vir voetjie in ritmiese gelid
oppad na die waterbron in die sandland
Swenk nie links, swenk nie regs
volg die Wyse Moeder op haar weg!
deur laagtes aan die voet van sandduine
op ‘n veilige roete tussen berg en kloof
Waar vind jy rus vir môre se nog ‘n dag
waar hou die maan en stêrre oor jou wag
waar bewaar woestyn en sand en berg
‘n veilige skuiling vir Namib Olifant in die nag?
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.