
Vier seisoene
Ek hoor hoe vier viole
in tale met my praat
Klanke van ʼn simfonie
wat deur die snare
van ʼn stringkwartet
my hárt se taal ook praat.
Soos die strykstokke
dansend oor die snare
van vier viole gly,
druis vier seisoene se vibrasies
vuurwarm deur my!
Stringkwartet van vier seisoene
herfs en lente vars
ʼn Somersdonderstorm
wat haastig deur die are
van ʼn houthart bars!
Wyl winters’ koue hale
my hart deurboor met smart
vertel “Le quattro stagioni” die storie…
van vier seisoene in my hart.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Baie dankie vir jou deelname aan die INK en SA Vryskutskrywer kompetisie, sterkte en mag die beste persoon wen!