RESENSIE: Oor Mense en Perde, die film
Oor Mense en Perde, die film Gewoonlik verskyn die duitse weergawe van ‘n buitelandse boek of film drie of hoogstens ses weke nadat dit amerikaans uitgegee is. Of hierdie film ooit na die VS van A gaan kom, weet ek nie. Maar in hierdie geval het die vertaling, die verduitsing van die klankbaan twee jare […]
Stad van die Kinders, Stad van die Voëls
Stad van die Kinders, Stad van die Voëls Dis hoogsomer en ons kom laataand in die Park Hotel aan. Dit was ‘n lang, vermoeiende dag op die pad, en na ete is alle reisgenote bly om vroeg te gaan slaap. Die TV het niks om aan te bied nie, en ek maak gou lig uit. […]
Na die droogte
‘n Ligte bries oor Vrystaat veld warrel sag – dog ritselend – op soek na oerbekende paadjies verby halm en pluim te vind. In ‘n kaalte, midde yl van gras newel stof – soos asem roer terwyl wolke (nog onskuldig wit) op deinserige horisonne sloer. Hoe spelerig die wind se waai wat speels aan bloekomblare […]
RESENSIE: BAL, Heuning, die film
Resensie: BAL, die Film Gewoonlik vang mens in ‘n reeks met die oudste kapitel aan, dit wat as eerste gebeur het. Hierdie film, die derde, beskryf die kindheid van iemand wie se lewe as volwassene al verfilm is. ☼ [BAL (Heuning); 2010; regie, boek: Semih Kaplanoğlu, met Bora Altas as Jusuf, die kind, Turkye/Duitsland] ☼ […]
LANG MOEN en die TIER
OORLOGSTRAUMA – Lang Moen en die Tier 24e. Januarie 2017 Lang Moen se man het uit die oorlog teruggekom. Hy wat altyd so teer en so liefdevol was en haar omsorg en vertroetel het, was nou nors en bars en woes en eenvoudig onuitstaanbaar en het urelank op die rotse gesit en met ontevrede trek […]
DIE KEISER SE HOENDER
DIE KEISER SE HOENDER Die Keiser het hoenders oor alle ander diere liefgehad. Dit was ,sy dier’, en hy wou graag ‘n afbeelding van sy geliefde dier hê. Daar laat roep hy die beste skilderkunstler in die Ryk en gee hom die opdrag om ‘n hoenderskildery te maak. Die kunstenaar is geëerd, en vra vir […]
Ek is steeds gedug
Ek is steeds gedug Ek stap fier en selfversekerd al het ek my been verloor deur ‘n nalatige ongeluk, ek het te gou oor relings van die bakkie gespring toe ek die rower sien weghardloop – – – Die been was in gips maar wou net nie volkome herstel en aangroei nie My wonderlike baas […]
Bitterbos
Ek onthou ‘n tyd van volop weiding – genoeg vir al jou skape wat (in oorvloed) meerling lammers lam. Ek onthou die byna purper wolke en jou blydskap oor die waters wat blinkblou stoot verby die oorloop van jou dam. Maar die velde lê nou immervaal. Waar die vleie eens gevloei het kraak die klei. […]
PARALLEL-LOPENDE Staaltjies
TWEE PARALLELLOPENDE VERHAALTJIES: In beweging, of hoe ‘n luim sy ronde draai Die woed OUPA IS BESIG om ‘n lat aan die muur aan te bring. Ver oor sy kop hou hy die spyker tussen duim en voorvinger van sy linkerhand; met die arm stut hy die lat wat in ‘n besondere winkel vasgespyker moet […]
Hoop op Oukersaand
Zoey klou aan haar swart-en-bruin speelding; haar trane val geluidloos op die sagte koppie. Selfs met haar naglamp wat wys dat daar niemand anders in die kamer is nie, klop haar hart vreesbevange. Net Emmy kon die monsters weg hou. Net Emmy kon haar wêreld rustig maak. Sy vee haar trane af op Fudge, die […]