Jongste aktiwiteit:

DIE KEISER SE HOENDER

DIE KEISER SE HOENDER

Die Keiser het hoenders oor alle ander diere liefgehad. Dit was ,sy dier’, en hy wou graag ‘n afbeelding van sy geliefde dier hê.

Daar laat roep hy die beste skilderkunstler in die Ryk en gee hom die opdrag om ‘n hoenderskildery te maak.

Die kunstenaar is geëerd, en vra vir die keiser om hom ‘n bietjie tyd te gee sodat hy die voeëls ‘n bietjie kan studeer. By hom beteken studeer praktiseer, en hy skilder van dan aan hoenders in alle moontlike kleure, in elke denkbare houding. Hy skilder henne wat broei, hane wat kraai, kuikens wat piep, hoenders wat voor die besem vlug, hoenders op die dak, op ‘n boom se tak, hoenders wat ‘n sandbad geniet, wat in ‘n waterplassie bad, wat oor die sneeu trap. Hy skilder abstrak, op sjinese manier, op japaanse manier. Hy skilder nugter, hy skilder dronk. Hy skilder in sy slaap.

Die tyd gaan verby en hy daag nie met sy hoenderskildery in die hof op nie. En kom ook nie as hy geroep word nie. Maar eendag is dit vir die keiser te veel, en hy kom die kunstenaar in sy ateljee besoek. Verwonderd staar hy in die oorvolle kamer om:

– Hier staan en lê in jou ateljee opmekaar, oormekaar, deurmekaar duisende derduisende van hoenderprente. Watter een kry ek?

– Nee, Majesteit, dit was slegs my oefenprente. Hier is Majesteit se hoenderbeeldnis.

En rits-rats, krits-krats, teken hy hom ‘n hoenderportret in vyf minute en oorhandig dit. En met ’n diep verbuiging:

– Hierso, Majesteit.

©24e.Januarie2017„„„„„…ooÖoo…„„„„„„„„„„„„,(.2013.).tje




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed