KLYN MAAR FYN
KLYN MAAR FYN
Saans laat het die vrou graag met haar hond gaan stap. Om die hoek was ‘n parkie, en dit was goed bestuk met ligte, veral aan die hoofdeurgangspaadjie en aan die banke waar die paartjies kon gaan sit. Te alle seisoene het sy dit geniet om haar „rondte” te draai en ‘n bietjie vars lug in te asem voor sy gaan slaap. Die hond het dit ook geniet om sy besigheid te doen en konyntjies of muise of watookal te jaag.
Een herfsaand is sy toe op pad by digte newel en het haar pad gebaan van ligkolletjie na ligkolletjie; haar hond was baie besig en sy kon hom geleentlik hoor, hier links in die asters (sy ken mos haar park), daar regs onder die wilgers by die visdam, dan weer ver vorentoe waar hy waarskynlik agter ‘n kat aanklef. Dit was so ‘n klein stadhondjie, wat in die inkopiesmaandjie op haar fiets pas.
Langsaam word sy bewus van voetstappe op die paadjie agter haar. Dit klink asof die voetstappe al hoe nader kom, asof hulle vinniger word, en sy word plotslik benoud. Wie kan dit wees? Dis swaar voetstappe, ‘n man s’n, en die hek is nog amper honderd meter ver. Sy wil nie hardloop nie, nie in paniek kom nie, maar sy versnel haar gang.
Die voetstappe kom al nader, kort op haar hakke.
Skielik voel sy ‘n beweging teen haar hakskene en sy hoor agter haar die hond knor en blaf. Asof hy agteruit loop en die rugwaartsverdediging aantree. Die voetstappe word stadiger, is nie meer so hard nie, verdwyn agter haar rug.
Gou is sy onder die laaste lampie wat oor die hek hang deur, dan links afdraai en die straat af tot haar woonstelgebou. Trap op. Deur oop.
„O, dankie my skattebol. Maar eers soek ek gou die lewwie.”
©28e.Mei2017………………….▓▓▓▒▒░▒▒▓▓▓…………………………..(2014)tje
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.