Bokwagter in die skemer
In die skemerson bak dik kliprots tot veldreuk daaruit verdamp en in my neusholtes prentjies vorm van stof en gras. Oor die rooi sandoppervlak lê bokspore soos los legkaartstukke en tussen my tone druk die klam rondheid van ‘n bokdrol. Die aandwind ruk ‘n brunnet krul in die lug waaruit die dalende son ‘n stukkie […]
In die wind se waai
Langs ou Gatiep op die donkiekar sit Meraai. Sy is baie vies oor die stof teen haar lyf vaswaai. Sy trek haar kopdoek reg en gluur Gatiep onderlangs aan. “Ek sê djy, wane gat djy stop? Ek’s gedaan!” Gatiep ruk soos hy skrik. “Hemil Meraai, ik seg da lat ik sal stop by die wegdraai […]