Ek kry soms te seer…
Ek kry seer om na my hartseersiel te luister en die dieper wat my siel in wegsteek fluister daarom luier ek in valsgedwonge ongemak teen gewete onverskillig elders weggepak Die daeraad verraai die nag se donker prag wat voort wil skou die wonder van ‘n nuwe dag en ek ‘kluim in diepte van ‘n inner […]
Laat my liefde nie verlore gaan.
Geskryf, gekomponeer en gesing deur LadySoul Album 4Sy Grootheid
Kalmte en Rus
Geskryf, gekomponeer en gesing deur LadySoul Album 4Sy Grootheid Volume 1
Om doof te word
Die oog word nou my oor om dolgraag te wil hoor en ek lees jou woorde oor jou lippe knars soos ysterwiele stamp oor klippe want die hoor spat stom vir my verby uitgenome klank wat my van doof bevry. Ag, hoe het ek nie al prober om iets verbaal uit stom te leer want […]
Baksjisj
Baksjisj Ek staan dankbaar voor my Vader as sy kind en ontvang sy genade daagliks verniet uit Sy vaderhand want Sy seun se lewensbloed was die hemelse kwitansie daarvoor en ek hoef nie daarvoor te bedel en daagliks baksjisj te staan vir Sy genade en my daaglikse brood deur sware arbeid verkry nie, want Hy […]
In nagedagtenis
lê hom neer aan die voete van U berg, Heer roep sy naam en laat U kranse dit in antwoord gee vly hom oor U vlaktes en valleie en laat rus hom op die golwe van U see vloei hom in U strome en riviere laat hom kronkel deur U klowe en U poort vloed […]
My Wintermaan (Ruminasie)
Die bouvalgeraamte het my siel genaak toe ek baie jare later wou gaan groet want ek wou graag dat kindertyd weer waar moes raak. Maar die waenhuisdak is lankal kaal gestroop en waar toentertyd ‘n deur en venster was gaap gitte-donker waar nou net spoke loop. Die ou suurkaree -deur bliksems raakgeslaan dra rumatiekverkrom nog […]
Onbekende God
Pappa, as ek God nie ken nie bid ek dan by jóú voet; versug ek hiér, waar die straf ongespaar behoort te bly? (want) die blaaie wat Moeder stil hou en die moffies dood, sê vir j-o-u só. As ek nie verstaan nie hoe die Urim en Tumim beide ja én nee vir liefde en […]
‘N liedjie vir hom
My oudste broer is op 4 Julie 2016 in motorongeluk oorlede. Dit was ‘n groot skok vir die 8 broers en susters wat agtergebly het. Hierdie is ‘n ode aan hom, mag hy rus in vrede. (OP DIE WYSIE VAN STEVE HOFMEYR SE “PAMPOEN”) Sing, sing jou laaste song vir hom Hy het met lang […]
,’n Herkoutjie vir bepeinsing
In voordrag van ons lewe is bloot net skyn te lees… Tog, newens traak die wete: Wat God wil moet ons wees!