Jongste aktiwiteit:

Onbekende God

Pappa, as ek God nie ken nie
bid ek dan by jóú voet;
versug ek hiér, waar die straf
ongespaar behoort te bly?
(want)
die blaaie wat Moeder stil hou
en die moffies dood, sê vir j-o-u só.

As ek nie verstaan nie
hoe die Urim en Tumim beide ja én nee
vir liefde en haat voorspraak maak,
sal Eden vir my uitgang dui?

Pappa, as ek God (soos die blaaie hom verkoop)
nie verstaan nie
kan ek aan jou lippe kom antwoorde soek?

Ek vra net, en as dit so wil,
spaar die roede eerder nie…
hoe tog sal jy my kan lief
sonder om my seer te maak?
Die blaaie wat Moeder verstil
en moffies dood, sê mos so.

© Eduard Smith




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed