Mossie Maar Man
Mossie Maar Man.
Ek lees die gedigte bydraes en
besef hoe wel ter tale die meeste is—
Hulle byvoeglike naamwoorde is so
veelkleurig en pronk sierlik soos ‘n pou
se pragtige oopgespreide stertvere en
skielik voel ek so ‘n vaal ou voëltjie
met my beskeie getjirp oorskadu deur
hul welluidende woordklanke maar ek
ruk my reg en laat my woorde in alle
beskeidenheid hul vonkel herwin en laat die
vaal ou voëltjie met groter selfvertroue haar
vlerkies sprei en haar getjirp braaf laat hoor
want,
mossie maar man!
Janetta – Helena [Babs] ©
4 Kommentare
-
Koekekranka
Inderdaad nie op jou mond geval nie!
-
Eduard Smith
Mossie, maar vrou! Die weltersprake is nie veel anders as net ook doodgewone vladdervlerke nie...sommige tjirp anders, maar die liefde vir Afrikaans maak ons almal in dieselfde nes kuier. Mooi geskryf. Groete Eduard
-
Kiekies
Voorwaar! Ek kyk altoos hoe moedig hulle tussen die voels in my peperboom kerjakker. En sommer groot voels verjaag by die kossies. Puik vergelyking hier beskryf!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
dis pragtig!!!