My hart se sprokies wêreld
ek wens ek kon verdrink, voel hoe adrenalien opbou voel hoe my liggaam baklei om te leef baklei vir ‘n skeppie asem voel hoe my hartklop styg en stadig daal ek wens ek kon voel hoe my hart tot ruste kom en my siel tot kalmte bedaar, ek wens ek kon my oë toemaak en […]
Roulik genoeg
soet sappige leuens van heuning woorde en verklapte vals geheime, wie is jy ooit? weet jy ooit? jy is verblind deur skitterende nutteloosheid al wat jy benut is die tydelike stukkie geluk wat jou leë seer siel vas plak vir ‘n ruk hoekom kruip jy weg, jy steek jou kosbare hart weg jy is bang, […]
Deur my herinneringe
Jou stem is stil jy het weg gegaan sonder om te groet – geen laaste drukkie of ‘n laaste glimlag jy is net weg … ek dink baie aan jou as ek stilte soek in die donker nag tussen my gedagtes en die klop van my hart as ek lank genoeg soek vind ek jou […]
Pandemie
onverwags soos ‘n monster het dit ons kom bekruip soos ‘n slang in die nag donker adder geslag hangende in die lug waar niemand iets kan sien ver verwyder van mekaar met maskers word ons glimlagte verberg geen glimlag ooit meer te sien donker het die gedagtes geraak terwyl baie hul menswees verloor in ons […]
Afskeid
Diep ingedagte trap ek knarsend oor die bros blaretapyt wat wissel van geel, bruin tot oranje. My oë rustend op talle boomreuse wat kaalgestroop hul takke liggies wieg in die wind. My hart se verlang vind aanklank by die kaalheid, die doodsgevoel van verlies. Net ‘n paar maande gelede was alles nog oortrek in lowergroen, […]
Kaalgestroop (Silwer)
vanaand pluk die wind ongenadig aan my sielswand stroop ‘n laaste brosblaar uit my teer gemoed bemantel tekens misgekyk voor die laaste blaar se val laat my kaalgestroop hink voor ‘n nuwe seisoen wat wink ©Driekie Grobler
Eierkelk
sag eierkelk my gedagtes heen daar waar die rus na waters lei waar geen traan dit meer kan keer soos ‘n waterval strompel na onder met die hoop dat waters sal val daar waar mens en dier die hongerpyne nie kan keer oorvloedig smeek ons U weë tastend voel ons die droë aardkors die donker […]
As ek kon kies
het ek vanaand die bankie uitgekies met die blou wolke om my gevou met Jesus aan my sy reg langs my met die stille atmosfeer om ons langs water wat saggies troebel in ons ore terwyl ons stil wees in mekaar se samesyn sal wees vandag is my vriendin begrawe en bid ek vanaand vir […]
Kosbare jy
Rus in vrede vriendin…. Alta de Beer jy was my cpf maatjie twee weke van stilte wat volg op ingehoue denke my hart is so seer vanaand die tyding gekry dat jy nie meer met ons is vrou van liefde vrou so sag en soekend jou liefde so ver en jy hier maar altyd het […]
Aggressie uit jou kinderdae
liefdevol gee jy voor aan ander maar diep binne in jou lê daar ‘n berg donker tonnels waar deur jy veg opdraandes en afdraandes soos ‘n teerpad vol klippe wat skuur aan jou hart jou binneste was verpletter en verander jy soms in ‘n ander mens daardie gesplete persoonlikheid dan ontmoet jy skielik iemand wat […]