Kaalgestroop (Silwer)
vanaand pluk die wind
ongenadig aan my sielswand
stroop ‘n laaste brosblaar
uit my teer gemoed
bemantel tekens misgekyk
voor die laaste blaar se val
laat my kaalgestroop hink
voor ‘n nuwe seisoen wat wink
©Driekie Grobler
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus 2021 – As die blare val projek