Aardsengel
In haar waansin wou sy ook weet wie se beeld lê dan in haar geskape — ‘n rib, wat nie heeltemal pas; stof wat stink in haar siel. Terwyl die blou in die weste goud word wens sy weerbarstig en waardigterlik – haar vonnis en sy lot is klaar verseël met die swaard van gereg […]
2017
Is dit eers as ritmiese refleksies van die lewe rookseine uit jou asemsnare ruk; dat die werklikheid tasbaar raak wanneer woorde bloei oor jou wese – geskandeer tot klankbedrog in waaigras. Is dit eers as simpatie vereenvoudig in simmetrie; woed deur die klankbaan van wat jy voel dat jy die reuk van realiteite sien rym […]
Om andersom te bid
2 Kor 5:1 – “Ons weet dat wanneer ons aardse woning wat maar net ‘n tent is, afgebreek word, ons ‘n vaste gebou in die hemel het. Dis ‘n woning wat nie deur mense gemaak is nie maar deur God, en dit bly ewig staan.” Hier waar ek sit en wonder onder winter se nat […]
Hierdie is hemel
Hier sit ek, in die middel van die erf. Met die Karoo wind, wat smeulend van vooraf waai, en die son wat liggies oor hom skyn. Net ek en my kitaar, drome groot en wyd versprei, so baie opgewonde, ek voel weer soos ‘n kind, maar hierdie keer, sal ek vir altyd klein wil bly. […]
DIE ALLERHOOGSTE
Dis ‘n polemiese artikel. Geen kru taal nie, maar religieuse fondamentaliste kan hiermee ontevrede wees: DIE ALLERHOOGSTE Iemand het ‘n artikel oor die ontstaan van die wêreld geskryf☼¹. Hy was nie daarop uit om snaaks (grappig) te wees nie, maar het humorvol ‘n lys van ons skoolwete of -kennis opgestel. En hy het nie vergeet […]
Wonderdroom
Sy het geslaap, onder ‘n boom vasgevang in ‘n wintersdroom. Dit was ‘n versterde stem, van ver wat bẩẩh-blah-blah soos ‘n bok sonder bler. Sy wou so graag weet hoe om te gister vergeet. Haar hand het sag rond ge-aai; traan-langs geskoppelmaai. Soet het haar siel gebloei asof sy met Goliat stoei. Verwarring het haar […]
Hou die mooi
“Though we travel the world over to find the beautiful, we must carry it with us or we find it not – Ralph Waldo Emerson” Só staan sy toe staar na die sterre skitterend oor die donker nag; een vir een pluk sy hulle sit dit in haar sak, want soms is die dag so […]