
Bymekaar
In die nag se sagte lag
onder die naak maan se kaak
bo die misnewels van môre
verby die sagkant
van ego’s
wat statig ontwaak;
teen gister se glinster en glans
daar wil ek sing.
In die bak van jou hand
saam met die pols van jou hart
‘n duet
net ek en jy.
© Caren Kearley
Kopiereg Voorbehou
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.