VRYHEID GEKOOP DEUR U
VRYHEID GEKOOP DEUR U (brons) in die wind wat ritsel deur die bome en die duifie wat koer koer oor die horison met die son wat glinsterend loer oor die gesigseinder daar vind ek my vrede in die branders wat breek en die geluid van die see se gesuis in my ore met die mis […]
Kruip na Vryheid
Feërie het verander. Té veel na Brody se smaak. Dinge het verskuif en op onnatuurlike maniere beweeg. Ondanks sy onberispelike voorkoms, was hy ‘n borrelende gemors binne. Elke keer as ‘n tropiese blom blom, krul hy innerlik ineen. Dit was gevaarlik. Hy kniel om die laaste heideblomblare op te tel. Flitse van vernietiging – Feërie […]
Soeke
Oor vastelande heen gereis, oseane en seë deurkruis die lugruim ingeklief en tussen die hoogste wolke gesweef selfs oorloë en opstande beleef nêrens daar vryheid gevind – is dit slegs ‘n woord ‘n waanbeeld, dalk net misplaasde hoop? Gaan eerder en vind grafte waaroor jy nog rou grawe dit oop om jou siel te verlos […]
God se stem
(goud) Ek is nie die applikant in die skrywe nie ook nie die regter nie maar as ek so om my kyk sien ek ‘n toekomslose môre een vol dongas en dae sonder name een soos vandag wanneer ek sielstil wens dat ek God se stem net vir ‘n uur kon leen om alles om […]
Ontsnapping
(goud) Ek lê in my armbuurt saam met ryk mense en ek hoor hoe baldadig hulle in oorvloed lag en rondval dronk gesuip aan hul eie ego’s al wat ek wil doen is op die rug van ‘n wilde perd spring ‒ verkieslik ‘n bloue met reënboog vlerke en hierdie plek van lyding agter my […]
Ligteling
(goud) Ligteling Sal daar ooit weer só ’n tyd wees soos toe ek kind was – vry van klae en kommer, geen kennis van die wee; al wat ek onthou is die pad na sonnestrande en die duisende dae by die see. Hoe warm was die strale teen my lyf, hoe gewigloos kon fotone hul heelalslig […]
Grendelstaat
Grendelstaat Ten minste het wegbly nou ‘n naam – iets buite ons beheer. Die daaglikse dobbelspel van terloopse kontak of my wonder en wroeg oor die geensiens in weke, verval. Maar steeds maak jou stilte my mal. Hoe wens ek ons bestaan was en word vir jou en my grendelvry. ©ASvdMerwe April 2020
Bakoven se brief
Bakoven se brief ek hét vir jou ’n brief geskryf by Bakoven (eendag in April) ’n jaar of drie gelede en dit toe nooit vir jou gestuur nie daar was.baie mense en joligheid (iemand het getrou) maar ek het (soos altyd) weggeraak in skemer oseane die aand se laaste vuur en gedagtenis aan jou © […]