Rietfontein
Rietfontein Vers 1: Daar is ‘n plek Waar die hart se seer vergaan Waar ‘n kind se vrese spoorloos verdwaal Daar doer in die ou Wes-Transvaal Vers 2: Hierdie plek klitsgras Aan mens se hart ‘n Plek wat die lawaai sus Met ‘n windpomp se draai Koor: Rietfontein, onthou jy my Na al die jare […]
Ruimtetuig
Ruimtetuig Vers 1: Soms kan ek dit voel Aan my lyf Ek het genoeg gehad Van dié plek genoeg gehad Vers 2: Die wêreld voel so vreemd Als het verander Elke dag is dieselfde Alles is oud Voor-Koor: As ek my eie ruimtetuig gehad het (x2) Koor: As ek my eie ruimtetuig gehad het Sou […]
Zizzie by ʼn feetjie konsert. (brons)
Zizzie by ʼn feetjie konsert. Vroegaand sit mamma my in die bed. Sy lees vir my en soen my sag in my nek. “Lekker slaap Zizzie, droom van feetjies fraai tot mamma jou weer môre kom wakker maak.” Met oë toe lê ek en droom in my bed – veilig en warm toegevou. Ek voel […]
Kan Jy Nog Onthou?
Kan Jy Nog Onthou? Vers 1: Ek onthou die sorglose dae Van kind-wees, van vry-wees Die goeie ou dae se dinge Vasgeweef aan my hart se lappieskombers Vers 2: Daardie dae was dinge so anders Het ons nog buite gewawieldraai En gehalte tyd as een gesin Om een tafel spandeer Voor-Koor: Kan jy nog onthou […]
Woestyngebed
Ek is ‘n wilde Kalahari kind vaal verlate vlaktes verf my spore dansend saam met sonbessies in die wind gannas en brakbosse lag in my ore en duskant vandag se skraal ure soek ek jou nogsteeds soms in my drome met dor hande; selfs in koue vure tussen klip-koppies en kokerbome en ek wens dat […]
Sigaar Meisie
Virág giggel oor die nuwe plakkaat op die muur: “In compliance with the 18th Amendment NO intoxicating liquor allowed on the premises.” Reg langs dit is ‘n toring sjampanje glase gevul met die glinsterende, borrelende drankie. Die orkes speel die wonderlikste klanke – jazz. Ongetroude paartjies dans wild op die musiek onder die bruin-geel ligte […]
Vat My Terug Na Die Platteland
Vat My Terug Na Die Platteland Vers 1: Ek onthou nog daardie dag Toe my hart nie meer kon wag Vir die stad se liggies Om my drome waar te maak Vers 2: Maar iewers hierso op my pad Het die goue liggies van die stad verdof En hul glans verloor Wat bly dan nou […]
Enkeling in vlug
(Goud) hoe graag vlieg ek oor dié geliefde land oor berge hoog en dale wat vallei die aarde lê en palm, nes ’n hand waaroor Gariep en spilpunte gedy mag weinig wolke ooit my sig versper oor ooptes tot in einders wil ek tuur as Venus skitter, soos ’n eensaam ster terwyl die hemel in die […]
‘n Geharde boom
Ek wens dat ek soos ‘n boom kan stilstaan in stil getuie en sweef tussen planete Met wortels so diep dat geen orkaan my kan omwaai wat in die skemer herinneringe kon oproep en sag oor my droë blare kon streel Waar die wind amper onhoorbaar daardeur raas splinters maanlig val deur die takkies en […]
Dink Aan My
Bosse vorm ‘n ‘n kasteel binne ‘n kring menhirs. Die gekunstelde natuurskoon lok feë van alle klasse en nasies. Cian kan hoor hoe hulle giggel en speel in die gedenkteken vir die tandefeë en wonder of hulle nog onthou wat ‘n eeu tevore gebeur het. Hy maak sy oë toe en laat herhinneringe oor hom […]