Kan Jy Nog Onthou?
Kan Jy Nog Onthou?
Vers 1:
Ek onthou die sorglose dae
Van kind-wees, van vry-wees
Die goeie ou dae se dinge
Vasgeweef aan my hart se lappieskombers
Vers 2:
Daardie dae was dinge so anders
Het ons nog buite gewawieldraai
En gehalte tyd as een gesin
Om een tafel spandeer
Voor-Koor:
Kan jy nog onthou (X2)
Koor 1:
Ek onthou ‘n kaalvoet-kind
Met sole vol duwweltjies
Nickerbolls, Rascals in die kies
En sherbet-gevlekte vingers
Daar was boom geklim
Op ‘n dak gesit
Met ‘n kettie en bessies in die hand
Dis verby, maar nooit vergete
Die goeie dae
In oranje-blanje-blou Suid-Afrika
Vers 3:
Ek ruik nog my ma se konfyt
Wat kook op ‘n plaasstoof
Dis daai spesiale dinge
Wat tyd nie van ‘n hart kan beroof nie
Vers 4:
Bokse vol sywurms
‘n Kleilat seun
Stokbrood en pannekoek tye
As die wolke besluit dis tyd vir reën
Voor-Koor 2:
Kan jy nog onthou
Ek kan onthou
Koor 2:
Ek onthou die inry teater
Draadkar en yo-yo tricks
My eerste BMX fiets
Die plaasfoon se kort – en lang draaie
Ou van Riebeeck was nog op ‘n noot
‘n Kite wat wapper teen die blou
Ouma se anysbeskuit
En ‘n taai Dirkie-kondensmelk gesig
Tussenspel:
Kan jy onthou
Ek kan onthou
Sluit af met:
Ek het boom geklim
Op ‘n dak gesit
Met ‘n kettie, bessies in die hand
Dis verby maar nooit vergete
Die goeie dae
In oranje-blanje-blou Suid-Afrika
“Kan Jy Nog Onthou?” is geskryf en gekomponeer deur André van Wyngaardt©
Vrygestel op die “Die Engele Haal Asem” album in 2017 en is ook beskikbaar op alle goeie digitale platforms
Kyk gerus na “Kan Jy Nog Onthou?” se nie-amptelike musiekvideo op YouTube:
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.