
Blaartjies
Blaartjies
Vers 1:
Weet jy hoe sien ek ons
Ons twee is soos tak en blaar
Die een oomblik is jy hier
Dan skielik is jy nie meer daar
Vers 2:
Soos ‘n boom in die grond
Geanker wag ek vir jou
Maar daar kom nuwe blaartjies
So besluit dus baie gou
Koor 1:
Ek kan ook maar net
So lank hier vir jou wag
Ag komaan
Neem jou besluit vandag
Is ek nog steeds deel van jou lewe
Dalk lankal iets van die verlede
Gaan ek steeds liefde van jou kry
Is alles tussen ons verby
Vers 3:
Weet jy dit maak so seer
In die duister hou jy my
Ek bly dan net wonder
Hoekom moet ek tog so ly
Vers 4:
Is ek dan niks vir jou werd
Niks maak meer vir my sin
September bring nuwe blaartjies
En ek maak ‘n nuwe begin
Koor 2:
Ek kan ook maar net
So lank hier vir jou wag
Ag komaan
Neem jou besluit
Besluit vandag
Is ek nog steeds dié deel van jou lewe
Dalk lankal iets van die verlede
Laat weet my tog sommer gou
Dat ek kan weet
Waar ek staan met jou
Waar staan ek met jou
“Blaartjies” is geskryf en gekomponeer deur André van Wyngaardt©
Vrygestel op die “Die Engele Haal Asem” album en is ook op alle goeie digitale platforms beskikbaar
Kyk gerus na “Blaartjies” se musiekvideo op YouTube:
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.