Vasstaande Feit
Vasstaande Feit
Vers 1:
Die baan wat die aarde
In ‘n jaar om die son aflê is ekliptika
Net só is dit ‘n feit
Dat jy alles is wat my hart hiervoor vra
Vers 2:
Jy’s my rede vir opstaan
As die son sy strale oor my giet
Net só is dit ‘n feit
Jy blaas my weg nes dinamiet
Koor:
Jy’t my bo die wolke
Jy laat my voel soos ‘n wenner
Jy weet net wat om te doen
Jy is my hart se kenner
Woorde wat jy fluister
Ek lief jou
Mooier as ‘n voël se gesang
Dit bly ‘n vasstaande feit
Jy is ál wat ek verlang
Vers 3:
Elke week het sy sewe dae
Elke dag het sy son en maan
Net só is dit ‘n feit
Dat ek jou nimmer sal laat gaan
Vers 4:
Reën sal ‘n droë stukkie aarde
‘n Sug van verligting laat slaak
Net só is dit ‘n feit
Ons is vir mekaar gemaak
Herhaal Koor
“Vasstaande Feit” is geskryf en gekomponeer deur André van Wyngaardt©
Vrygestel as enkelsnit op alle goeie digitale platforms
Kyk gerus na “Vasstaande Feit” se musiekvideo op YouTube:
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.