
Rietfontein
Rietfontein
Vers 1:
Daar is ‘n plek
Waar die hart se seer vergaan
Waar ‘n kind se vrese spoorloos verdwaal
Daar doer in die ou Wes-Transvaal
Vers 2:
Hierdie plek klitsgras
Aan mens se hart
‘n Plek wat die lawaai sus
Met ‘n windpomp se draai
Koor:
Rietfontein, onthou jy my
Na al die jare
Ek het ontvlug daar in jou velde
Ek kon leef net op jou wonderskoon lug
Rietfontein, jy was daar
Soos Sy groot genade
Nes ‘n herder vir sy skaap
Het jy omgesien na my,
Rietfontein
Vers 3:
Daar is ‘n plek
Waar ek BMX spore getrap het
Waar ek hard geval, pleisters gedra het
Waar ‘n plaas ‘n merk op my gemaak het
Vers 4:
By jou ou Rietfontein
Het kommer my adres gou vergeet
Dit was net een asemteug van jou oop lug
Toe’t jy my hart gewen
Herhaal Koor
Sluit af met:
Jy’s altyd deel van my
Rietfontein
André van Wyngaardt©
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Koos Elsum
Ai Ai hoe laat jy my aan my Vrystaat kinderdae dink & verlang. Ek wonder of jy al oorwweg het om die liedjies net as gedigte te plaas? Mooi vir my sal luister ook. Ek glo ons leer deur te ander te lees en kommetaar te lewer. Ek het onderneem om ń kommetaar telling teen 10% of beter vd aantal eie plasings te onderhou. Kan ek jou vra om dieselfde te doen en so die Ink ervaring te verryk vir almal.