Jongste aktiwiteit:

Voor Die Koebaai

Voor Die Koebaai

Vers 1:
Ek sit en kuier hier saam met jou
Terwyl ek jou hand vashou
En ek voel effens blou
Ek voel effens blou

Vers 2:
Ek het so lank gewag vir hierdie dag
Om uit die niks op te daag
Nou waarom wil ek dan huil
Wat is fout met my

Koor 1:
Ek huil, want ek mis jou alreeds
Voor die koebaai
Ek huil, want die tyd loop te gou
Wil die wysers terugdraai

Dis ‘n lag en ‘n traan – so hand in hand
Ek wens ek het beheer oor tyd gehad
Dan sou die oombikke saam met jou
Sommer heelwat langer hou

Vers 3:
Ek sit en drink die oomblik in
Dit is al wat ek het
Hierdie hier en nou
Hierdie hier en nou

Vers 4:
Mens kan trane afvee, maar moet nie vergeet
Om te lag uit jou maag
Voor jy jou kom kry
Is hande weer aan die waai

Koor 2:
Ek huil, want ek mis jou alreeds
Voor die koebaai
Ek huil, want die tyd loop te gou
Wil die wysers terugdraai

Dis ‘n lag en ‘n traan –
So bittersoet
Ek wens ek het nie nodig gehad om jou te groet
Maar ek sien jou gou weer

Sluit af met:
Ek sien jou gou weer; dis ‘n moet

André van Wyngaardt ©




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed