Jy Bring Die Mooi
Jy Bring Die Mooi
Vers 1:
Baie oë kyk jou mis
Laat hulle maar oogklappe dra
Dis hul verlies as hulle nie kan sien
Watse mooi hart jy saam met jou dra
Vers 2:
Baie gee net een kyk
En maak dan hul eie gevolgtrekking
Hulle kyk net veldiep
En sien nie jou siel raak nie
Voor-Koor:
Moenie jou steur
Aan almal se kommentaar
Nie elke woord wat die mens spreek
Lui waar
Koor:
Ons sien jou raak
Vir wie en wat jy is
Jy bring die mooi
Jy bring die mooi na ons toe
Jy het genoeg liefde
Vir die hele wêreld daar in jou hart
Jy het genoeg lig
Om ‘n duisend stede te verlig
Jy bring die mooi na ons toe
Vers 3:
Baie ore is doof
Vir jou hart se stem
Maar jou lied het reeds
Soveel harte gewen
Vers 4:
Daar is niemand so doof
Soos hy wat nie wil hoor nie
Hulle wat jou vermy
Het niks ryker geword nie
Herhaal Voor-Koor en Koor
André van Wyngaardt ©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.