Reënboog na die reën
Reënboog na die reën
Vers 1
hier staan ek in die heerlike reën
hande dankbaar uitgestrek na die hemelseën
met ‘n dankbare hart wat dankie klop
die perskereën uiteindelik stop
elke druppel wat op die aarde val
loop ons plaasdam na jare oor sy wal
die windpomp dans wild saam in die reën
dans ek saam in die hemel se seën
Koor
reën reën lieflike reën
druppels van bo ‘n seën
as die reënboog verskyn
en al ons sorge verdwyn
reën reën lieflike reën
reëndruppels van bo ‘n seën
Vers 2
trane meng met elke reëndruppel
as die lammertjies papnat bokspringhuppel
ons almal polkadans in die reën
kinders spring rond en plas in die seën
ons almal dans en rondomtalie rond
die water wegsink in die droë grond
God weet altyd net die heel regte tyd
die plaas verander in ‘n lagjolyt
Vers 3
as die reënboog in die hemel verskyn
het al ons kommer en ons sorge verdwyn
as die aarde ruik nou na vars reën
die reënboog teken van Sy seën
nuwe plante kan nou weer begin groei
as waterstrome na damme toe vloei
onder die reënboog kniel ons dankbaar
dankie aan God se genade verklaar
Koor
reën reën lieflike reën
reëndruppels van bo ‘n seën
as die reënboog verskyn
en al ons sorge verdwyn
reën reën lieflike reën
druppels van bo ‘n seën
(2x)
©Kopiereg Linda du Plessis 2021
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2021 – OOP projek