Jongste aktiwiteit:

Della

Della

Vers 1:
Ek het ‘n sussie
En sy bly by die see
Ek het ‘n sussie
Wat haar bes vir ander gee

Vers 2:
Sy woon in die Kaap
‘n Klipgooi vêr van Tafelberg
En soms is dit ‘n berg
Verlange raak maar erg

Koor 1:
Della, ek is dankbaar
Vir jou in my lewe
En my liefde vir jou
Strek wyer as die oseaan

Anders as strandloperspore
Weggespoel deur die blou
Kan niks die spore in my hart wegvee
Getrap deur jou

Vers 3:
Ek het ‘n sussie
En sy is my hart se blom
Haar naam is Adéle
Daar’s geen twyfel waar sy vandaan kom

Vers 4:
Sy is van die hemel
‘n Ware engel soos min
En ons liefdesband
Het net ‘n begin

Koor 2:
Della, ek is dankbaar
Vir jou in my lewe
En my liefde vir jou
Lê dieper as die oseaan

Anders as strandloperspore
Weggespoel deur die blou
Kan niks die spore in my hart wegvee
Getrap deur jou

Sluit af met:
Niks kan die spore in my hart wegvee
Getrap deur jou

“Della” is geskryf en gekomponeer deur André van Wyngaardt©
Vrygestel op die “Skadu’s Van My Hart” album in 2012 en dis ook beskikbaar op alle goeie digitale platforms
“Della” se musiekvideo is op YouTube:

https://youtu.be/goCbBP1yqKw




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Yolandi het n geregistreerde lid geword

  • Hermien het n geregistreerde lid geword