Jongste aktiwiteit:

God se stem

(goud)

Ek is nie die applikant in die skrywe nie
ook nie die regter nie
maar as ek so om my kyk
sien ek ‘n toekomslose môre
een vol dongas en dae sonder name
een soos vandag
wanneer ek sielstil wens dat ek God se stem
net vir ‘n uur kon leen
om alles om ons reg te maak

miskien sou ek eers die wyses meer wysheid gee
die leiers weer voor in die koor sit
ek sou verseker al die winkels weer oopmaak
die woestyne vol oases plant
en dier en mens van mekaar beskerm

maar vir nou dink ek dis beter om ‘n ark te bou
of eerder ‘n spaceship
dit vol te pak met twee van alles wat vreedsaam kan wees
en wag vir die oog van hierdie plaag
want sonder ontsnapping
sal ons anyway nooit vry kan wees nie

© Junie 2020 Caren Kearley




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed