Sommer net ‘n verlangversie
was verlange maar soos vere wat kon wegwaai met die wind, om êrens tussen lang gras ’n rusplek te gaan vind dan sou ek donsveer optel en hierdie omgee daaraan knoop; dit met sagte asem wegblaas na daardie plek waar jy soms loop (gesteweld) met ’n stofpad langs verby klip en bos en pluim terwyl […]
Donkerman
Aan die voet van Bainskloof sit ‘n donkerman; hy’s blind vermink deur dekades se skade ek staan langs hom doof ons staar saam oor Wamakersvallei wolke hang hier en daar soos kantgordyne uit die bergblou hemelruim ek vat sy hand en lei hom na binne waar my hart warm klop. © 2018 Caren Kearley Kopiereg […]
SIRKELS – Opdrag 5
SIRKELS kale voetjies sirkel spore sirkels rondom my soos jy groot word kring die kringe wyer en wyer vinniger al vinniger te vinnig om net een oomblik stil te staan by my draaie groter elke dag verder warrelend word jy om my ‘n skimme streep ‘n streep wat later heel v e r d w […]
klipdrif altaar (opdrag 5)
bloedbelope oë wat hatig staar vuil weekoue stoppelbaard slymstreep wang na mond drankasem walmspoeg bacchus brousel in ‘n glas roggelbrul waansin oophandhoue val smekend vir genade moeg ongesertifiseerde lus terapie ten spyt huis paleis pandok nog sewentig maal sewe dikbeneuk dronkgesuip sjarrap sjarrap ek maak jou vrek potbloustilte moeg ©arin erasmus
Rook en Kersiebloeisels
Die swaard val uit haar hand uit. Dit is verby. Yuki kan nie glo dat sy gefaal het nie. Die katana glim in die dowwe lig van dagbreek. Haar opponent se donker oë bly emosieloos. Sy kan nie glo dat hierdie vreemdeling die geheime van die swaard beter ken as sy nie. Sy was die […]
Ag, freakin’ vyeblaar, tog! (Opdrag 5)
Ek het oortree, buite grense, bo-oor die tou, binne-in die bol getrap. Ma skop onderlangs, want Oupa gooi sy loer: Ek praat te veel en kinders moet STIL! Dan bly ek in my hollow Hobbit-huis (dis so veilig hier). Tog glip ek soms nog uit en glips ek altyd weer!
Opdrag 5: In sinchronie
in jou oë is die kleure van my palet vasgevang en in mooi getooi van rooi vir liefde en geel vir sonskyn – sien ek my beeld wat teruglag en wink na ‘n skoon skilderdoek van nuwe môres waar twee hande in volkome sinchronie ‘n nuwe prent van gisters vergete skilder ©callie 2018
Asagao – brons klas
‘n band van liefde verweef die son se warm gloed kortstondig jou blom ©callie 2018
Elegansie (Brons klas)
rooikroon kraanvoëls dans oor sneeu bedekte mere Ume vol in blom ©callie 2018
Tsubaki (Brons klas)
ek gee jou somer vol van pienk Camellias glimlag vir die son ©callie 2018