Donkerman
Aan die voet van Bainskloof
sit ‘n donkerman; hy’s blind
vermink
deur dekades se skade
ek staan langs hom
doof
ons staar saam
oor Wamakersvallei
wolke hang hier en daar
soos kantgordyne uit die bergblou hemelruim
ek vat sy hand
en lei hom na binne
waar my hart warm klop.
© 2018 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie