Jongste aktiwiteit:

Langbome toe (Opdrag 5)

die maan illumineer my trane
wat deur die vlei van verlange vloei
waar moederaarde met blom en blaar
herinneringe laat kom en gaan

oorywerig
met die son in my sak
loop ek blindelings
teen die kranse van jou menswees vas

en hang ek my drome op
tussen die
l
a
n
g
bome

© Ryno Rossouw




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed