Alleenspraak
Sy het haar voete voor die vlamme gevly en met vuil vuiste na binne gedraai: “Hallo siel, jy lyk moeg jou lig is dof en die laaste paar dae se kruise bloei nog oor jou bult, maar mag ek jou vra waar is my kind hierdie halfgemaakte winter is lewenslank en as jy weet waar […]
Opdrag 3: Haar meester
sy sloer-sleep voetgang laat moeisame spore tussen klip en rots, beurend voort immer voorwaarts verlore en verlate in hierdie godssonder woesterny onder ‘n skroeiende son, vind sy hand ‘n kruik eens verlore wyl sout sweet biggelend sy lip benat hy kragteloos neersak, dan sit, sat vryf sy hande smekend oor die kruik voor hom soos […]
O tyd … o tyd, staan stil (OPDRAG 3)
tik-tok, tik-tok vreet ou langeraat die sekondes op hou ons daagliks onverpoos aan die draf, sonder rus of stop met ysere klou, klou hy verbete aan ieder en elk se gewete toon wynig simpatie of genade vir slakkepas se agtergeblewe dade ‘n horlosie dié wil ek hê uniek, sodat ék self kan hê ‘n sê […]
OPDRAG 2: Jekyll en Hyde
donker het skalks geglimlag toe hy, blink stefaans, met sy blinkpuntskoene sy kreukelvrye broek en hemp, gedas haar voete onder haar uitlig met sjarmante woorde en donjuansoene hy Jekyll, sy skoonlief maar sou jy lees tussen die lyne sien jy nie die luide stil pyne sorgvuldig verberg tussen donker en lig teen dagbreek pik sonlig […]
Waar die hart is (opdrag 2)
dikwels, as ek deur hierdie voorstad ry en spitsuurmotors kruie blink by my verby laat ek my blik teësinnig oor dié vooruitgang dwaal: groot huise en fabrieke, torings in die mis, die vaalheid van die vaal sement, die ongenaakbaarheid van staal huis voel nou soos ’n ander plek: dis ’n Kannalandse droom waar die aarde […]
mnr venter en mnr flenter (opdrag 2)
mnr venter en mnr flenter (opdrag 2) in ontwerperspak en gucci-skoen churchill sigaar en bmw cabarnet en portsoen-soen tweelingbroer van sp geldklokkies lui in glim en glorie eksepsionele sakeman jazz en blues euforie passievolle samaritaan waarom is jy wat jy is? want my pa was ‘n alkoholis… in vodde vuil en stukkend-skoen weggooi stompie en […]
Oorwinning (OPDRAG 2)
In war gemoed waar jy pal na labirint-antwoorde soek; irrasioneel – redelik verdwaal met denke motgevreet en voosgetrapte wil; ploeter jy onbewustelik, salig voort na ‘n selfgekose doodspoort. Skrik betyds wakker besef jy woeker in verkeerde akker; trek skoene van bereidwilligheid aan beklee jou in nuwe hoop omgord met vaste wil; sodat jy beur na […]
Onreg
Kom haak aan my hart ‘n lanfertak sodat verbloem kan word my diepseer smart. ©Driekie Grobler
Versamelde gedagtes
Só sonder om een maal om te kyk of tale te gebruik om tekens rondom ons weg te wys skryf ek jou af vir een laaste maal herskryf ek summier jou skrif teen die muur (wat jy om ons gebou het) en skend ek die stiltes wat altyd om ons sal swyg soos ‘n oop […]
Waar my vrede fladder – Opdrag 1
Wanneer die sweepslae in my soos simbale begin raas en die leemte diep binne sy koue asem oor my blaas, vind ek langs stille waters van ‘n kluisenaarsbestaan vrede wat vreesloos fladder om ‘n vergulde wintermaan Aan die some van my drome swaai boepens-wense saam soos Jakobsbaai se branders wat speel-speel kom en gaan Eksentriek […]