Jongste aktiwiteit:

OPDRAG 2: Jekyll en Hyde

donker het skalks geglimlag
toe hy, blink stefaans, met sy blinkpuntskoene
sy kreukelvrye broek en hemp, gedas
haar voete onder haar uitlig
met sjarmante woorde en donjuansoene
hy Jekyll, sy skoonlief
maar sou jy lees tussen die lyne
sien jy nie die luide stil pyne
sorgvuldig verberg tussen donker en lig

teen dagbreek pik sonlig ‘n eensame traan
verbreek die stad se geraas die nag
elk voetganger en voertuig in sy eie baan
en eenkant staan hy, verwaarloos, geen glimlag
met ‘n bewe in sy hand, gapende skoen en laslap klere
hy Hyde, die massas ongeërgd
maar sou jy lees tussen die lyne
sien jy nie die skreeuende stil pyne
sorgvuldig verberg tussen donker en lig

©callie 2018




8 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Karina Nel het n geregistreerde lid geword

  • Karina Nel het n geregistreerde lid geword

  • Awona het ‘n nuwe publikasie gemaak