
Sonsondergang
ek kon my toe nie verskans:
van jou karmyn- en okergeure
wat gewigloos asystool
teen die venster van die dag –
die hersenskim wat soos ‘n diep verlange,
geluidloos glimmer
op die drumpel van die nag
ek wou nog groet
by die bergpiek van ‘n sekelmaan,
jou kwynende gedagtes
in die hoeke van die melkweg hang –
maar toe is dit net jou lag,
wat met elke son se ondergaan
asemloos bly wapper
teen die hemelruim se wang
©Alkallie
17/7/2018
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Loretta Szikra
Wow. Pragtige werk.