Gelukwyn
Gelukwyn Die enkeldrup van een allenstaan kraan soos die sagte huil wat twyfeltol oor die wang oor ‘n geliefde rol of reën se eerste aarseldrup terwyl donder binnewolk bliksem en aarde se draai na binne suig net so is die binnedreun van my enkelhart se eenmantraan as ek jou notegeur luister jou boeketklank my sagstreel […]
Die twee rooi liggies
Die twee rooi liggies (Riller – nie vir sensitiewe lesers) Vannand is ‘n bai e koddige aand. Nie koddig in ‘n snaakse of grappige manier nie, maar koddig in die sin van “vreemd”. Daar’s ‘n vreemde gevoel hier in my nuwe blyplek, ‘n vreemdheid oor die plek en sommer so ‘n vreemde gevoel in my […]
Negenneegentig eenvogels
Neenenneentig eendvogels Daar doer in die noorde, toe dit nog Noord Transvaal was het plekke soos Pietersburg en Alldays jou mooi verduidelik waar jy jouself bevind. Daar iewers het ‘n meisie se oom ‘n plaas gehad, en ons het gaan kuier in die bosveld. Een middag kom daar ‘n oom en ‘n tannie kuier, sommerso […]
daglig
sonstrale breek deur die mis bring hitte oor natgedoude duin oomblikke van verdampende kou dan kruip fisant braaf uit skuilplek kraai triomfantelik sy môre groet érens onder digte fynbos bly lê grysbok ooi met haar lam vir haar is nagwaak oor sonstrale bring sig vroeë waarsku teen mens en dier ©Teárlach
voetspore
my hart is in die golwe my voete rus op ‘n krans my hande waai wit sproei my neus ruik denne-hars soms hoor ek loeries skreeu dan is dit een spierwit meeu keer-op-keer wek fisante my staan ek weer op berge se vry ek sweef oor deinende golwe duik deur helder groen vallei waar krom […]
Supermaansiel
Jý het verstaan, hier waar ek nou staan traanloos onder nog ‘n supermaan het jý uit die bloute sommernet verstaan; sonder oordeel of waan my angstigheid toegesirkel in jou eie naakte sekelmaan gebroke het ek (of ons) met heelwit vlerke probeer vlug; sentimenteel wou ek minute aftel tussen naelstring en skoenlapper – maar monoklinamies het […]
Vrou
Ek weet jy stap deur tuine waarin daar skadubome is, verby laventelbos en lelies in die blom. Die rose wys hul mooiste kleure net vir jou en ballerinas* dans jou agterna. Die blomrok wat jy dra vou saggies teen jou lyf, die wind speel met jou hare wat (effens wild en vry) verby die ronding […]
Die padlopers in my lewe (1)
Buite op die sypaadjie in die winterkaal Plataanboom maak dieselfde duifiemamma vir die afgelope 5 jaar haar nessie. In uiterste omstandighede bly sy sit tot haar kuikens groot genoeg is sodat sy uit die koue uit son toe kan gaan vir die res van die winter. Omdat sy die toonbeeld is van ‘n superma soos […]
versugting
oranje blanje blou wie kan dit onthou dae van voorspoed veiligheid geen vrees van kleins af so gewees jare na die groot oorlog jare van stryd en vasbyt jare van verskil maak baby-boomer-jare tot kleure verander in swart-groen en geel jare van afbreek en verguis jare van afkraak en verdag-maak jare van onrus en volksmoord […]
Fontein
Dit fontein in my gemoed die lewe is mooi elke dag is soet Die wêreld ‘n oase van natuur en dier wat lewe versier Dit fontein in my brein om positief te sein al verduister my son en as die nag kom fontein slaap oor my dat ek vrede kry