daglig
sonstrale breek deur die mis
bring hitte oor natgedoude duin
oomblikke van verdampende kou
dan kruip fisant braaf uit skuilplek
kraai triomfantelik sy môre groet
érens onder digte fynbos bly lê
grysbok ooi met haar lam
vir haar is nagwaak oor
sonstrale bring sig
vroeë waarsku
teen mens
en dier
©Teárlach
4 Kommentare
-
-
IronLady
Ek dink dis uitstekend. Die vorm van die gedig is ook manjifiek gedoen. Wow, ek hou van skryfsel!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Koekekranka
Ek het hierdie enetjie werklik geniet!